Posted by: chocolatekoek | October 29, 2007

Wonderlike Maandag

Ag wat ‘n wonderlike Maandag. Glad nie blou nie, pienk, baie pink.  Ek was bevoorreg om die naweek na Steve se “Dis hoe dit was” te gaan kyk. Die man bly maar ‘n pro. Uitstekend.

Nou wonder julle seker hoekom sê ek die Maandag is pink?. Net omdat ons so baie het om voor dankbaar te wees. Ek het ‘n mooi huis, mooi goed wat my omring, om op te som aan aardse goed ontbreek dit nie.  My gesondheid is nou nie wat wonders nie, ek sukkel met rumatiek in die joints jy weet?. Maar die wonderlikste is die feit dat ons vanoggend die son kon sien skyn, voëltjies kon hoor sing. Ek kon my kat ‘n druk gee en my man goodbey soen. Ek het ‘n goeie werk en lieflike vriende. Wat meer kan ‘n mens vra.

Vandag gaan ek nie kla nie, nie oor ek my broek gebrand het toe ek dit gestryk het nie, ook nie oor die pyne en skete nie. Ek gaan glimlag want ek dink dis aansteeklik.

Posted by: dirkltjie | October 26, 2007

Ek mag nie hier wees nie!

Chocolatekoek het my, dirkltjie, die reg gegee om op haar blog te post.

Miskien wil jy dit verander?

Groete

Jy mag maar hoor, jy is meer as welkom.

Posted by: chocolatekoek | September 27, 2007

Blogging

Kyk ek was nog nooit iemand wat kon dagboek byhou nie. Nou het ek probeer blog, maar ek het nie tyd vir die goed nie.  So as ek ‘n maandelikse inskrywing maak sal dit vir my ‘n rekord wees. Daar is net te veel om te doen, en met al die ander ouense se interressante blogs, kan ek nie byhou nie.

 Kyk nou maar na gister se kommentare op SSSB. Die Louise en Flatter sage. Ai tog, persoonlik dink ek tog nie een van die twee het die regte ding gedoen nie. Altwee bietjie commin jy weet? Maar weet jy, ons elkeen het maar bietjie commin in ons. Dit is wat ons elkeen ‘n individu maak.  En kyk nou vandag vra Louise vir Flatter omverskoning. Dis darem baie eerbaar van haar. Ek sou die vrou in haar moer ingestuur het. So Louise ek haal my hoed vir jou af.

Persoonlik dink ek die Flatter girl is ‘n jongerige meisietjie wat nog in haar rebelse stadium is. Sy vloek ook bietjie te veel na my sin. Maar ek dink sy leer ook haar lesse op hierdie blok.  Ek glo nie ek kan klippe gooi nie, want ons bly almal in glashuise.

Nou ja, die naweek is hier en Pretoria is nat. More gaan ek DHDW kyk en ek is so bly. My man is glad nie ‘n Steve fan nie, maar ek is seker die show gaan hom bekeer.

Geniet die nawee julle!! 

Posted by: chocolatekoek | September 27, 2007

Vreemde paaie

Ek het foto’s ontvang van vreemde paaie, ek weet nie waar dit is nie, as iemand weet laat my ook weet asseblief. (Ek moet net die flippen ding gepost kry)

So gepraat van vreemde paaie, daar is baie van ons wat anders gedroom het toe ons op skool was. Het jy ooit gedroom? Wat het jy gedroom? Doen jy vandag wat jy toe gedink het jy sou doen? As jy jou lewe kon oorhê, sou jy dieselfde keuses gemaak het?

Ek weet nie of ek nie dieselfde keuses gemaak het nie. My lewe het nie te sleg uitgedraai nie.  Ek is meeste van die tyd happy. Ek weet vir ‘n feit ek is baie beslis baie bevoorreg. Ek sou nie soos miljoene ander mense in hierdie land in ‘n plakkershut kon woon nie, jene ek sou nie eers op ‘n plaas sonder ‘n spoeltoilet en ‘n elektrise switch kon bly nie.

Posted by: chocolatekoek | September 26, 2007

Nuwe begin

Hi

Vandag is die eerste dag dat ek ook blog!. Ek lees graag Steve se Blog en al die nuwe bloggers wat ook daar kuier. Ek is ‘n blanke vrou wat aan die verkeerde kant van 40 is en geniet die lewe.  Ek het ‘n man en ‘n kind en is al jare lank getroud. Ek hou van tuin maak, ek skilder so ‘n bietjie en hou van chat!. Ek is ook ‘n shopoholic.

Later bietjie meer van myself.

Posted by: chocolatekoek | September 26, 2007

Lentereëns, 70’s en matriekafskeid

Die eerste lentereën is op pad julle! Is dit nie wonderlik nie? Wanneer laas het jy in die reën gejol soos ‘n uitgelate kind. Ek onthou toe ons so standerd vyf was het, het die reën sulke riviertjies gemaak langs die pad. Ons het teen die berg gewoon en moes afrdaende met die teerpad af waarheen ons ook al wou gaan. Ons is nie oral heen aangery nie, ons moes die BMW gebruik (bene moet werk) Dit was wonderlik. Ek is ‘n seventy’s child. Gebore in die sestig, maar die sewentigs was my grootword jare. Dit is die be-invloed tyd, bell bottoms, houseparty’s, (sonder drugs) die ergste musiek was Queen en Elvis. Daar was nie goed soos sokkiejolle by die skole nie, nee ons het nog debat aande gehad, of operettes of konsert of selfs fliek in die skoolsaal, maar nie partytjies nie. Gits jong ons het dan nie eers ‘n matriek dans gehad nie, nee, dit was so stywe affêre, die tema het iets te doen gehad met ‘n skip, kan nie meer lekker onthou nie. Ons het ‘n afterparty gehad, by een van die onnies wie se dogter ook saam met ons in matriek was se huis. Ons mag nie boyfriends, of ander skole se kêrels saamgenooi het nie. Nou ja, omdat ek steady gegaaan het my ‘n ou wat nie in ons skool was nie, het ek nie ‘n date gehad nie? Is daar nog van julle wat so iets beleef het? ’Nou ja, die eerste lentereëns laat my dink aan daai tyd.

Posted by: chocolatekoek | September 26, 2007

Help my met tips asb

Is daar iemand wat my kan help met die se-up van hierdie blog>?

Do’ s en don’ts? Hoe sit ek foto’s in?

Hoe sit ek my eie theme in, Louise s’n lyk so mooi. waar kry ek nog themes, ek is baie dom met hierdie nuwe ding. Ek begin nou eers maar weet nie hoe nie?

Categories